.

Kinderhel Lyrics

Aan marsjeer die kinders, nimmereindigende nag
Geen oë in hul koppe nie, donker holtes soos die graf
Swart onder hul vingernaels, maaiers in die mond
Velle flap om enkels en verslete voete vlek die grond
Niks om te onthou, treur of berou
Die vlamme ysig koud
In die Kinderhel

Die bloed in hul are verkrummelende stof
Klosse hul hare, verdorde lippe grof
Die Lied van die Vlieë op hul roofrooi wonde vleis
Strompelende lyke by die Hemelhekke weggewys

Niks om te onthou, treur of berou
Die vlamme ysig koud
In die kinderhel
Slaap pikanini, ons vee's in die kraal
Almal ons skapies en bokkies
More vroeg kry jy van soet pap 'n maal
En 'n paar spierwitte sokkies

Siele ontruim, geen asem in hul bors
Geen trane, geen glimlag
Emosie ewig opgeskort
Aan marsjeer die kinders deur die dooie donker stad
Soekend na niks op 'n eindelose Hellepad
Aan marsjeer die kinders, nimmereindigende nag
Leë droë doppe, skynlewe uit die graf
Die Lied van die vlieë op hul roofrooi wonde vleis
Strompelende lyke by die Hemelhekke weggewys

Niks om te onthou, treur of berou
Die vlamme ysig koud
In die kinderhel
Report lyrics
Swaarmetaal (2007)
Honger Witman Tienerangs N.J.S.A. Huigelaar Doodstraf Die vlam Kinderhel Amen Swaarmetaal Jou ma se snoekpoes