.

Airmail Lyrics

Ma, ek skryf 'n brief uit London.
Alles gaan goed hier,
Dis net 'n bietjie koud.
Partykeer as ek opstaan
Is die lug ook effens blou.
Dit maak my hart bly, want die winter kom so gou,
Dit maak my hart bly, want die winter kom so gou.
Ek koop 'n "weekly travel" kaart,
Om op die treine te ry,
Maar 'n week vlieg so gou verby.
As ek tyd het, drink ek koffie,
By die Starbucks in Bond Street,
Of lees koerant op 'n bankie by Enbankment,
Of lees 'n boek tussen die duiwe by Enbankment.

Koor:
En London kom so vinnig in jou bloed,
Met jou rugsak en jou paspoort en baie moed.
Met jou wortels in jou hart oorleef ons koud en smart,
Want die wereld is ons speelgrond.
En London vloei so vinnig in jou bloed,
Met foto's teen jou yskas en baie goed,
Word die wereld deel van jou. Dit gebeur baie gou.
Want die aarde is ons speelgrond.
Die aarde is ons speelgrond.
Die aarde is ons speelgrond.
Ek gebruik nog steeds my "Tube map".
Dis soos 'n kompas vir my.
Wat my die meeste van die tyd na Oxford Street lei.
By Tescos koop ek kos,
"Buy one, get one free".
En by Benji's drink ek "take-away tea".
En by Benji's drink ek "take-away tea".

Op elke hoek en draai is 'n "off-licence" kaffee
Vir goedkoop bier, sigarette is te duur.
Maar my gunsteling is Burger King Specials
Met bacon en cheese, as ek bo sit by Leicster Square
En afkyk oor die movies
En afkyk oor die movies

Koor:
En London kom so vinnig in jou bloed,
Met jou rugsak en jou paspoort en baie moed.
Met jou wortels in jou hart oorleef ons koud en smart,
Want die wereld is ons speelgrond.
En London vloei so vinnig in jou bloed,
Met foto's teen jou yskas en baie goed,
Word die wereld deel van jou. Dit gebeur baie gou.
Want die aarde is ons speelgrond.
Die aarde is ons speelgrond.
Die aarde is ons speelgrond.
En soms wens ek ek kon my werelde een maak.
'n Bietjie son, 'n bietjie see en my ma se tee.
Maar dan weer 'n "tube map" en 'n trein
Na Piccadilly Circus.
En 'n onnie wat vir eenslag ook bietjie ryk is.
Ja 'n onnie wat vir eensalg ook bietjie ryk is.

Ma, ek skryf 'n brief uit London
Alles gaan goed hier.
Dis net 'n bietjie koud.
Report lyrics