.

Miere Lyrics

Selfs as ek alles kon verstaan,
Ken ek elke ster in die hemelruim se naam
En as ek alles sou weet
Sien ek visioene soos 'n bybelse profeet
Vrede word gemaak en weer verbreek
Dit alles gebeur in die tydperk van 'n week
Die bloed syfer onder na die grond en
diep daar in die donker , dans die duiwel rond

Voorwaarts mars, in 'n ry, marsjeer ons net soos miere
Is ons verstote engele?
Is ons verhewe diere?
Wat maak ons hier op die planeet met ons skete en ons pyne
En as ek alles kon verstaan, die hemel se geheime
Dan bly die mensdom 'n duister vraag.

Mense word verstoot oor hul gelate
Die kinders baljaar in opgeblaasde strate
Die wêreld draai om rande en om sente
Ons almal moet betaal en die government soek rente
As almal net kon wees soos Liewe Jesus
Draai die ander w***, laat ons geskille staan
Dan, sal die sterre ons laat weet
Ons is ons tuiste werd, hierdie pragtige planet

Voorwaarts mars, in 'n ry, masjeer ons net soos miere
Is ons verstote engele?
Is ons verhewe diere?
Wat maak ons hier op die planeet met ons skete en ons pyne
En as ek alles kon verstaan, die hemel se geheime
Dan bly die mensdom 'n duister vraag.

Kitaarsolo

Refrein

Outro

Woorde en musiek: Dawid Katz
Tabber: Gert Bekker
Report lyrics
Top Gert Bekker Lyrics