.

Eerste Oogopslag Lyrics

Ek kan nie slaap vannaand nie
Nie na gisteraand nie
Nie nadat of sedert ek jou gesien het nie
Jou skielike verskyning
Was dit bloot net n beswyming?
My ontydige hersenskimme...

O! kan dit wees dat met die eerste oogopslag
Dit liefde kan wees?
En glo jy nes ek, net soos n kind
Dat n grootmens dit dalk ook so kan vind?
En niks maak sin vandag nie
Nie na gisternag nie
Toe ek jou daar eers gewaar het

Asof daardie oomblik
My lewe, in n oogwink,
Al my dae tot onsin verklaar
Laat die mond oorloop waarvan die hart dan vol is!
Report lyrics