.

Eva Lyrics

EVA

Jy's verleidelik in die maanlig
met jou hare effens voor jou oë
jou glimlag is uitlokkend
jy sal elke man kan bekoor
ek sien die kurwes van jou lyf
en ek besef ek is 'n volbloedman
jy sê sag wat jy d*** ek wil hoor
moet sê, ek voel gevly

eva jy lyk goed vanaand
hier in die tuin van goed en kwaad
jy wys my al die vrugte
jy lei my na 'n boom
en ek weet jy het jou planne
want die appel is aangestuur
en al is my hart hoe honger
die oomblik sal ek moet verduur
ek kan nie help om te wonder nie
wat het van jou adam geword?
wanneer laas die vyeblare laat val?
wie het jou laas goed laat voel?

jou antwoord is herhalings
jou woorde leë ruimtes
wat ek vul in my verbeelding
vergun my net om te sê
eva jy lyk goed vanaand
hier in die tuin van goed en kwaad
jy wys my al die vrugte
jy lei my na 'n boom
en ek weet jy het jou planne
want ek ken die ou verhaal
en al is my hart hoe honger
die oomblik sal ek moet verduur
Report lyrics
Top Andre Swiegers Lyrics
Eva