.

Verspreide Donderbuie Lyrics

Ek vertrek voor sonop
terwyl die stad nog slaap
ek laat die torings agter my
Suidwaarts na die Kaap
Deur die Vaaldriehoek se newels
dan Bloemfontein verby
ek draai regs by Colesberg
om na Beaufort-Wes te ry

Deur die ver verlate vlaktes
soos die son al hoër klim
duskant Lakngsburg in die hitte
word die pad 'n hersenskim

Op die radio se die weerman dit sal koud word in die nag
en verspreide donderbuie word oor die hele land
verwag
Verspreide donderbuie word oor die hele land verwag

Is hierdie dan dieselfde pad
wat ek al jare ry
verbeel ek my of het die pad
steil opdraende gekry

En was daar nie verlede jaar
meer rusplek langs die pad
waar ek kon stop en stil word
voor ek die reis hervat?

Die Heksriviervallei is droog
die wingerde is kaal
ek voel hoe vat die vrees my vas
gaan die donker my inhaal?
Op die radio se die weerman dit sal koud word in die nag
en verspreide donderbuie word oor die hele land
verwag
Verspreide donderbuie word oor die hele land verwag

Verspreide donderbuie val nooit lank nie
verspreide donderbuie kom en gaan
die lig sal stadig deurbreek
en die storm sal bedaar
verspreide donderbuie val nooit lank nie

Daar's niemand anders op die pad
ek ry die skemer in
naby Worcester sien ek weerlig
en 'n donderbui begin
Die nag is lank en donker
en die weerlig maak my bang
die pad verander stadig
in 'n gladde silwer slang

kitaar solo

koor

Toe, skielik, uit die donker
doem daar ligte voor my op
dis die Hugenotetonnel
en my hart begin weer klop

Ek is veilig in die tonnel
ek parkeer daar en ek wag
dat die storm haarself uitwoed
teen beton en teen die nag

En ek was nie alleen nie
ek kon sweer ek het gehoor
'n Stem sê: slaap nou, ek hou wag
die beste lê nog voor

koor
Report lyrics