.

Skadu's Teen Die Muur Lyrics

Die donker kom van buite
En syfer deur die ruite
En ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
En die tafel en die laaikas
En alles wat eers was
Versmelt tot blote skadu's teen die muur
Ons drome van gister
Word somber en sinister
Want kyk alles het 'n vasgestelde uur
Ons beplan toringblokke
Maar die slopers is betrokke
En ons drome is bloot skadu's teen die muur

Met orrelbegeleiding
Kom die voorspel tot die skeiding
Maar dis alles reg, die liefde is 'n vuur
En van die vorige hofmaak
Hoor ons later in die hofsaak
Want die liefde is 'n skadu teen die muur
In swart of wit getooi
In 'n stoet of in konvooi
Wonder elkeen hoelank alles nog sal duur
En leef holderstebolder
Want die kis wag op die solder
En die lewe is 'n skadu teen die muur
Die donker kom van buite
En syfer deur die ruite
En ek gooi nog 'n paar kole op die vuur
En my voete en my hande
Word onbekende lande
In skadukaarte teen die muur
Die wereld word 'n skadu teen die muur
'n flikkerende skadu teen die muur
Report lyrics
Skop, Skiet & Donner (2010)
Voor Ons Stof Word Ondier Kom! Huissiek Gebede Maniac Man Sonder Missie Spookstad Cocaine Skadu's Teen Die Muur Bitterpil Die Laaste Sondag Raad Vanuit Twee Oorde (Acoustic Version) Algehele Kontrole (Acoustic Version) Ondersteuning Geweier (Gospel Version)