.

Onrusrivier Lyrics

Onrusrivier

Ek was vir 'n jaar
Langs die Onrusrivier

Het my lewe sien stroom

Na die see

Gesigte van liefde

In die wolke gesien

En onthou wat ek lank wou vergeet

Ek het daar die taal

Van die water geleer

Gesien wat ek nie kon verklaar

Stemme van mense
Langs die oewer gehoor

En lank naar die hemel gestaar

Ek het die bottels met rooiwyn omarm

Ek het die son in die see sien verdrink

En in die wind wat daar waai

Langs die hemelse kus

Het ek 'n engel hoor sing

Daar was sneeu op die dak van die kerk in Geluk
Daar was winter in die Weerloosvallei

En deur die kloof in die berg met die wind in die rug

Het ek myself weer gekry

Liefde is nie

'n Saak van die hart

Dit word deur

Die hande gemaak

Ek was vir 'n jaar

Langs die Onrusrivier

En het jou daar agter gelaat
Report lyrics