.

Ami Lyrics

Ek het nog altyd die meeste van jou gehou.
Want jy't mooi gelyk op my "bicycle" as ek langs jou huistoe loop.
Ek het my dood gedra aan jou tas op my rug op 'n drafstap om by te hou.
Maar dit was A OK want ek was dolverlief op jou.
Ami, deur die jare het ek iewers heen verdwaal.
Daar's modder op my 4 x 4 en Jack Daniels praat my taal.
Ami, deur die jare het ek vergeet om jou te soek.
En nou's my "bicycle" opveroes, en ek hou nog steeds die meeste van jou.

Ek het nog altyd die meeste van jou gehou.
Jy't met my gedans by die sokkie-jol al het ek lomp jou hand gehou.
Jy't altyd skaam gelag as ek weer wou hoor hoe jy droom en lugkastele bou.
Van die vreemdste goed het jy sin gemaak, ja ek was dolverlief op jou.
Ami, deur die jare het ek iewers heen verdwaal.
Daar's modder op my 4 x 4 en Jack Daniels praat my taal.
Ami, deur die jare het ek vergeet om jou te soek.
En nou's my "bicycle" opveroes, en ek hou nog steeds die meeste van jou.

Droom jy nog in Engels, skryf dit neer in Afrikaans.
Glo jy nog dat Elvis lewe en wegkruip op die maan.
Ami, deur die jare het ek iewers heen verdwaal.
Daar's modder op my 4 x 4 en Jack Daniels praat my taal.
Ami, deur die jare het ek vergeet om jou te soek.
En nou's my "bicycle" opveroes, en ek hou nog steeds die meeste van...
Ami, deur die jare het ek iewers heen verdwaal.
Daar's modder op my 4 x 4 en Jack Daniels praat my taal.
Ami, deur die jare het ek vergeet om jou te soek.
En nou's my "bicycle" opveroes, en ek hou nog steeds die meeste van jou.
Van jou.
Van jou.
Report lyrics
Top Lize Beekman Lyrics
Ami