.

Swart September Lyrics

Plant vir my 'n Namibsroos, verafgelee Velvitchia
hervestig hom in Hillbrow en doop hom Kayalitcha
September is die mooiste, mooiste maand
viooltjies in die voorhuis en riots oral in die land
Die aand was vrolik om die vure, Gatiep was olik by die bure
Die tyres het gebrand daar aan Mannenburg se kant
al die volk was hoenderkop, die Caspers was vol guns gestop
en die vroue by die draad het eerste die gedruis gehoor
tjank maar Ragel oor jou kind, die boere het hom doodgemoer
Groot masjiene oor die land, September '84
die seisoen wat brand en aanhou brand,'n lente bleek en dor
waar swartes sonder pas nog skuifel langs die mure
en Niemandsland se as nog waai oor Niemandsland se vure
Die swarte sonder pas, ja die swarte sonder pas
skuifel langs die mure, verlustig hom in derde klas
In Langstraat waar die cafes nog oop is tot laat in die angry nag
het ek my dolla slap tjips gaan koop ek moes half an hour staan en wag
Van Tafelbaai tot in Transvaal loop hensoppers weer deesdae kaal
maar is jy wit, bruin, swart of geel, kak almal in die symste taal
Sou jy haar nog liefhe, die ongerymde moedertaal
besef jy sy's met clones en pigeons landwyd op die paal
Oooe, die hart is bitterkos, oooe, met pap en wors
dat liefde so tot haat kon gis, dat reforms so kon afwas
Gonna, AIDS en sifillis groei wild waar eens beloftes was
Groot masjiene oor die land, September '84 wat oorkook in 'n noodtoestand
'n lente bleek en dor
waar swartes sonder pas nog skuifel langs die mure
en Niemandsland se as nog waai oor Niemandsland se vure
Report lyrics