.

As Musiek Begin Speel Lyrics

Hulle sê ons moet glo

net soos die kinders
So is hierdie lewe dan net vir beginners?

Seuntjies word manne

en gaan sit dan in 'n kroeg

en lyk moeg

My seun, jy moet luister as ek vir jou sê

jy gaan eendag moet veg

met als wat jy het

Soms gaan jy voel

wat is die doel

Genoeg is genoeg

Ek wil hê jy moet saam sing

as musiek begin speel

en dans in die somer se reën

En soek vir die reënboog

langs die pad, my skat

Hardloop in die see in met jou jeans aan

Kyk uit vir 'n meermin
en deel in gesprekke oor al die mooi plekke

langs die kus

Bly bewus van jouself

Net nie te veel nie

ook nie te min nie

Maar net nie te veel nie

Ek wil hê jy moet saam sing

as musiek begin speel

En dans in die somer se reën

En soek vir die reënboog

langs die pad, my skat

En as jy ooit voel
die lewe is net een groot gesuffer

reik jou hande uit en help 'n ander

met minder as jy

Gaan maak iemand bly

want dan sal jy

altyd kan saam sing

as die musiek begin speel

En dans in die somer se reën

En soek vir die reënboog

langs die pad, my skat

Hardloop die see in met jou jeans aan

Kyk uit vir 'n meermin

En as jy haar vind

is ek bly my kind

want ek weet

twee dromers is beter as een
Report lyrics
Zoid Afrika (2012)
Verlang Na Jou Waansin As Musiek Begin Speel In Suid Afrika Alles Van Jou Huise Vol Geheime Terug Na Babilon Uit By Die Deur Ek Het Jou Lief Is Jy In Of Is Jy Uit? So Is Die Lewe Wiegelied Vir Grootmense Vir Liefde Goeiemore Optimiste! Om Die Waarheid Te Se Bonnie and Clyde Dokumenter: Die Storie Agter Die Songs Hallelujah (Live) Vir Cancervive Afrikaners Is Plesierig (Live)