.

Die Blonde Matroos Lyrics

Sy staan op die hawe van Tafelbaai strand,
haar seemans-geliefde hou sy by die hand;
sy kla oor haar noodlot, haar hartjie is te seer -
sy het glad geen tuiste en Moederlief meer...
Neem my, O matroos, neem my saam as jy swerwe;
by jou wil ek ween, wil ek lag, wil ek sterwe.
Ons hoort mos tesame soos die wind en die see -
ek gee jou my liefde, ag, wat meer kan ek gee?
Ons hoort mos tesame soos die wind en die see -
ek gee jou my liefde, ag, wat meer kan ek gee?
Neem my, O matroos, neem my saam as jy swerwe;
y jou wil ek ween, wil ek lag, wil ek sterwe.

Report lyrics