.

Nokturne Lyrics

Weet en hoop maak nie meer saak nie;
almal slaap reeds; niemand waak nie -
net die nagwind en die reën,
En die nagwind sê volkome:
elkeen droom sy volste drome -
en bly alleen.
En die vrese wieg soos bome
in die nagwind en die reën.
Niemand wil n tyd verwyl nie;
niemand lag nie; niemand huil nie -
net die nagwind en die reën.
En die nagwind bring die wete:
môre is jy reeds vergete -
en dis verby.
Sonder oorsprong, sin of rede
is reën en nagwind al wat bly.
Almal slaap reeds; niemand waak nie.
Niks kan een nog roer of raak nie -
net die nagwind en die reën
Report lyrics