.

Droom swendelaar Lyrics

Kind van die somer,
wat kan ek jou bied -
n paar maanligdrome
n sprokie, n lied;
die wêreld as woning
die veld as n bed?
Want dit, dit is al
wat ek het.
Vra jy net vriendskap,
net een wat verstaan;
of droom jy van liefde wat nooit sal vergaan?
Dan loop ons paaie
hier uitmekaar,
want ek is n droomswendelaar
Miskien sal jy nog eendag
verstaan; wie weet miskien?

Die goue kastele,
geskep deur jou hand,
sal een-een verbrokkel,
want kyk;dis net sand.
Elkeen verloor mos maar
wat hy vergaar.
Maar ek, bly n droomswendelaar.
Report lyrics